Skakel Nou ยป (+27) 12 334 1320 of (+27) 21 917 7000

Kursus 2 : Praktyk van Bybelse Berading

Uitkomste van die kursus:
    Aan die einde van kursus 2 moet die student die volgende demonstreer:

  •         Kennis van 'n Bybelse beradingsmodel

Die dinamieke van verandering, die vier fases van Bybelse berading; beginsels van Skrifgebruik; samewerking met en verwysing na ander hulpverleners; beradingsetiek bv. vertroulikheid van inligting, deursigtigheid; 'n wetlike raamwerk vir beraders.

  •         Vaardighede in die funksionele toepassing van die beradingsmodel

Een tot een berading; die toepassing van Bybelse waarhede in probleemsituasies; gebed; oorbruggingsberading per telefoon en briewe/e-pos; verslagdoening; dokumentering van beradingsessies; gebruik van beradingsgereedskap.

  •         Houding / waardes / ingesteldheid: Karaktereienskappe soos nederigheid, liefde, getrouheid en geestelike volwassenheid.

  • Leerareas
      Praktiese toepassing van die Bybelse beradingsmodel

    Leermetodes:

    •     Een-tot-een beradingsessies onder supervisie & reflektering deur groep;
    •     Klas- en tuisberadingsopdragte;
    •     Leerjoernaal;
    •     Assessering van medestudente;
    •     Klasbespreking van voorgeskrewe boeke;
    •     Telefoon- en brief / e-pos / whatsapp-berading

    Voorgeskrewe boeke
    Bybelse Berading Kursus 1 ABBO
    Seeing With New Eyes: Counseling and the Human
    Condition Through the Lens of Scripture.
    Powlison, D  2000
    Instruments in the Redeemer's Hands Tripp, PD  2002
    Maximum Faith Barna, G  2011
    Aanbevole boeke
    Idols of the Heart: Learning to Long for God Alone Fitzpatrick, E  2001
    Speaking Truth in Love Powlison, D  2011

    Good Neighbours Boekwinkel Tel: 011 704 1857; 012 993 4606; info@goodneighbours.org.za

    Toelatingsvereiste:  ABBO Kursus 1

    Kwalifikasie: Sertifikaat word toegeken na suksesvolle voltooiing van kursus 2

    Tydsduur van kursus: Een jaar

    Aantal studente per inskrywing: Minimum 10; maksimum 20

    Kontaksessies:  12 Saterdag kontaksessies.  08:00 - 15:00.  KALENDER

    Plek:  Radiokansel Konferensiesaal, Jacobusstraat 42, Kilnerpark, PRETORIA

    Studieleier:  Johan Eloff en andere

    REGISTRASIE:  ABBO kantoor - marietjie@abbo.org.za of Webblad

    •     Voltooi inskrywingsvorm
    •     Betaal deposito van R1500.00
    •     Gebruik NAAM en VAN as verwysing
    •     Faks / e-pos voltooide inskrywingsvorm en R1500 betalingsbewys na ABBO

    Kursusfooie
    Totaal:          R7000.00
    Deposito:     R1500.00
    Balans:         R5500.00, betaalbaar as

    • Een betaling tydens registrasie
    • 10 x R550.00 paaiemente direkte deposito of elektroniese oorplasing
    • Faks depositostrokie elke keer as u 'n inbetaling doen


    Kontakbesonderhede

    Tel : 012 334 1286
    Sel : 084 525 2609
    Faks : 086 665 5473
    E-Pos : marietjie@abbo.org.za
    Adres: ABBO, POSBUS 3436, PRETORIA, 0001
    Webblad: www.abbo.org.za