Kursus 5:
Bybelse Traumaberading

Uitkomste van die
kursus
-
Kennis en vaardighede in die teorie en praktyk van
Bybelse traumaberading.
-
Karaktergroei van berader.
Leerareas
Die kursus sluit die volgende ses
leerareas in:
-
Leerarea 1:
Bybelse berading aan volwassenes (18+) wat in hulle kinderjare deur hulle
ouers/voogde of deur ander persone/gebeure getraumatiseer is.
-
Leerarea 2:
Bybelse berading aan volwasse persone wat seksueel getraumatiseer is (bv. deur
verkragting, seksuele teistering, seksverslawing)
-
Leerarea 3:
Bybelse metode van ontlonting & de-aktivering van volwasse indiwidue en
groepe met akute resente krisisse (bv. motorbotsings, ongelukke, natuurrampe,
roof, aanhouding, skielike dood van ‘n geliefde).
-
Leerarea 4a:
Bybelse berading aan volwasse persone met kroniese trauma of permanente
verliese soos bv. siekte (kanker, vigs, ens.), gestremdheid, armoede,
werkloosheid, energietekorte, enkelwees (bv. ongetroudheid, geskei wees,
weduskap), veroudering, verhoudingsgeweld.
-
Leerarea 4b:
Bybelse berading aan helpers met sekondêre trauma - wat deurentyd hulp verleen
aan getraumatiseerde persone (ordehandhawers, rampwerkers, versorgers en ander
hulpverleners)
-
Leerarea 5:
Bybelse berading aan getraumatiseerde kinders en jongmense (-18).
Leermetodes
-
Inleiding tot leerareas
-
Reflektering op leerareas
-
Literatuurstudie (totaal: 1,500
bladsye)
-
Vyf tuisberadings & -verslae
& assessering van verslae
Toelatingsvereiste:
Voltooiing van ABBO Kursus 3
Aantal studente per
inskrywing: Minimum 10; maksimum 20
Tydsduur:
Een jaar
Werkdae:
Ses Saterdae: 08:00 – 15:00
Voorgeskrewe leeswerk:
Die aanbieder van elke leerarea skryf die volgende voor:
Plek:
Radio Kansel, Pretoria
Studieleier:
Dr. Vorster Combrink
Registrasie &
finansies: ABBO-kantoor: 011 886 7414
Kursusfooi:
R6000.00 per student (sommige leesstof ingesluit; verversings
uitgesluit)