Kursus 2: Beradingspraktyk

Die doel van die kursus:  Om studente toe te rus om die Bybelse beradingsmodel wat in Kursus 1 aangeleer is, verder toe te pas in die praktyk.

Uitkomste: Aan die einde van die Kursus moet die student die volgende demonstreer:

  1. Kennis van 'n Bybelse beradingsmodel (bv. die dinamieke van verandering, die vier fases van Bybelse berading); beginsels van Skrifgebruik; samewerking met en verwysing na ander hulpverleners; beradingsetiek (bv. vertroulikheid van inligting, deursigtigheid); 'n wetlike raamwerk vir beraders.
  2. Vaardighede in die funksionele toepassing van die beradingsmodel in een tot een berading; die toepassing van Bybelse waarhede in probleemsituasies; gebed; oorbruggingsberading per telefoon en briewe/e-pos; verslagdoening; dokumentering van beradingsessies; gebruik van beradingsgereedskap.
  3. Houding / waardes / ingesteldheid: Karaktereienskappe soos nederigheid, liefde, getrouheid en geestelike volwassenheid.

Aantal studente per groep: Minimum 10; maksimum 20

Duur van kursus:  1 jaar (Januarie tot November)

Datums 2012:   Saterdae: 14 Jan (1); 11 Feb (2); 25 Feb (3); 10 Mar (4); 14 Apr (5); 05 Mei (6); 19 Mei (7); 09 Jun (8); 16 Jun (9); 21 Jul (10); 28 Jul (11); 18 Aug (12); 25 Aug (13); 08 Sep (14); 15 Sep (15); 13 Okt (16) 

Tydsduur van werksdag: 08:00 - 15:00

Leermetodes: Hantering van beradingsessies & reflektering deur groep; klas- en tuisberadingsopdragte; assessering van medestudente; klasbespreking van voorgeskrewe boeke; telefoon- en brief/e-posberading; leerjoernaal

Voorgeskrewe bronne:

Bestel van AUGUSTINE BOOKROOM e-pos: augustinebookroom@telkomsa.net Tel: 012 993 4606 

Plek: Stad of dorp wat vir meeste studente geleë is

Studieleier: Dr. Vorster Combrink

Toelatingsvereiste: Voltooiing van ABBO Kursus 1.

Koste van kursus: R 6000.00. Deposito van R1000.00 moet inskrywing vergesel.

Inskrywing:  Vanaf November. Kliek hier vir 'n inskrywingsvorm.