Kursus 1: Bybelse Berading
Die doel van Kursus 1 is om studente toe te rus om:
Uitkomste:
Aan die einde van die kursus moet die studente die volgende
demonstreer:
Semester 1:
- Waarom is verandering noodsaaklik?
Eenheid 1: Berading en menswees- Hoe vind verandering plaas in 'n mens se lewe?
Eenheid 2: Die dinamiek van Bybelse verandering- Hoe kan ek iemand help om te verander?
Eenheid 3: 'n Bybelse metode van berading- Watter geleenthede het ek om ander te help verander?
Eenheid 4: Berading in die alledaagse lewe- Hoe kan ek kreatiwiteit in berading gebruik?
Eenheid 5: Kreatiwiteit in berading- Watter Bybelse perspektiewe op berading is tot dusver ontgin?
Eenheid 6: Bybelse perspektiewe op beradingSemester 2:
- Watter beginsels gee die Skrif vir die huwelik en gesin?
Eenheid 1: Bybelse beginsels vir huweliks- en gesinsberading- Hoe help ek mense met probleme in die huwelik?
Eenheid 2: Huweliksberading- Hoe kan ek myself evalueer as 'n berader?
Eenheid 3: Kenmerke van 'n Bybelse Berader- Hoe kan persone met depressie begelei word?
Eenheid 4: Depressieberading- Hoe kan mense met verslawings gehelp word?
Eenheid 5: Verslawingsberading- Hoe kan mense in lyding ondersteun word?
Eenheid 6: Lydensberading- Hoe kan mense met stres beraad word?
Eenheid 7: Stresberading
2. Vaardighede wat getuig van Geestesgawes vir 'n vrugbare bediening in informele berading van die gesin, kerk en gemeenskap op die terreine genoem in punt 1.
3. Houding / waardes / gesindheid: Die vertoon van die vrug van die Gees in berading, soos nederigheid, liefde, getrouheid en volwassenheid.
Duur van kursus: Twaalf maande (Januarie tot Desember)
Kontaksessies: 4 geleenthede versprei deur die jaar. Vir datums van kontaksessies kliek op Jaarprogram 2012.
Onderrigmetodes: Interaktiewe onderrig tydens kontakdae; selfstudie aan die hand van die Bybel, die handboek, leergids en voorgeskrewe boeke; tuiswerkopdragte; die hou van 'n leerjoernaal; en 'n eksamen.
Voorgeskrewe boeke
Die volgende boeke is noodsaaklik:
Die volgende boeke is nuttig vir 'n deeglike onderbou in Bybelse Berading en is belangrik indien die student nie 'n studie in die teologie gevolg het nie:
Bestel van AUGUSTINE BOOKROOM e-pos: augustinebookroom@telkomsa.net Tel: 012 993 4606
Plek: Die kursus word per korrespondensie gedoen en die kontakdae vind plaas by Radiokansel, Jacobusstraat 42, Kilnerpark, Pretoria, asook by ander sentra indien daar ten minste 20 studente is.
Studieleiers: Dr. Marius Schalekamp, Dr. Vorster Combrink, Johan Eloff en ander.
Toelatingsvereiste: Graad 12
Koste van kursus: Kursus 1 se koste vir die jaar is R6000.00. Deposito van R1000.00 moet inskrywing vergesel.
Inskrywing: Vanaf November. Kliek hier vir 'n inskrywingsvorm.