Artikel: Luister en Praat in Berading - Dr. Vorster Combrink  (Julie 2006)  

(Vorster is uitvoerende hoof van Abbo, pastorale berader en studieleier van nagraadse studente in Pastoraal aan die Noordwes niversiteit. Tel. 012 333 3012 / 082 872 9725; e-pos: vcombrink@lantic.net ) 

INLEIDING
Luister en praat speel ‘n groot rol speel in die lewe van ‘n Bybelse berader. Die Spreuke-digter sê dat woorde kan doodmaak, of lewe kan gee (Spr 18:21).

Die doel van hierdie artikel is om ‘n paar modelle van luister en praat te bespreek, natuurlik sonder om enigsins volledig te probeer wees. Sekere uitstaande kenmerke sal by elke model uitgelig word. Die stereotipes kan ons help om onsself te meet en te groei as beraders. Lees dit asseblief saam met die gedeelte oor vrae in Hoofstuk 2 van die handboek van Module 1.

MODEL 1: OORBEKLEMTONING VAN PRAAT
Skematies kan ons die model soos volg voorstel:

hierdie model is dat die praat te veel,Kenmerke van  te gou, of vals is.

Baie praat
In die model staan die berader op die voorgrond. Hy is vol van homself: sy kennis, ervaring, idees, agenda. Die selfgerigtheid verhinder die berader om werklik die ander persoon lief te hê en effektief te bedien.

In die beradingsgesprek luister hierdie berader baie sleg – hy is gehoorgestremd. Hy het nie genoeg vaardighede ontwikkel in die kuns van vrae vra nie. Hy vra dikwels geslote vrae – hy soek meestal net ‘n “ja” of “nee” om sy vermoede te toets. Hy’s nie oop genoeg vir die unieke moontlikhede wat in die beradene se lewe na vore kan kom nie.

Die berader maak te gou gevolgtrekkings, is beterweterig, praat te veel en domineer die gesprek. Hy deel waarskynlik te veel van eie ervaring.

Vanuit watter wortels kommunikeer die berader? Hy oorskat homself en onderskat God en die beradene. God en die beradene kom nie aan die woord nie. Die berader word miskien gedryf deur ‘n begeerte na beheer / mag.

Dit laat my dink aan die gelowige wat eendag vir sy welsprekende predikant gesê het: “U staan die preekstoel so vol, dat ek sukkel om God raak te sien”.

Daar is Skrifgedeeltes wat na die te-veel-praat-benadering verwys:

Vinnig praat
Die berader wat te vinnig praat, is oorhaastig. Hy het nie selfbeheersing nie. Hy dink nie voor hy praat nie. Daar kan baie redes hiervoor wees. Miskien is die berader onervare, miskien is hy lui. Die Skrif verwys ook na mense wat swak luister en hoeke sny in hulle kommunikasie:

Vals praat
As die berader nie in afhanklikheid van God leef nie, dan praat hy sonder God en die insig wat Hy gee. Die gevaar is dat hy ‘n valse diagnose kan maak, verkeerd verstaan, ‘n verkeerde naam vir die probleem gee. Hy kyk miskien te oppervlakkig en sien bloot die gedrag raak, en nie ook die denke en begeertes daaronder nie. So word iets wat kompleks is, dalk oorvereenvoudig. Die Bybel handel ook hieroor:

MODEL 2: OORBEKLEMTONING VAN LUISTER
In die model word luister oorbeklemtoon, en praat onderbeklemtoon. Die berader handhaaf ‘n lae profiel, reflekteer meeste van die tyd en is baie nie-direktief. Hy neem meestal ‘n posisie in van: “Ek weet glad nie”:

Kenmerke van die model is:

Vleitaal
Die berader word gemotiveer deur ‘n begeerte om die beradene tevrede te stel. So word die beradene bokant God gestel. Oplossings vir die probleem moet uit die beradene kom. Dit laat mens dink aan:

Die mense sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie (2 Tim 4:3-4). 

Swyg
Die gulde geleentheid om te praat, word nie gebruik nie uit “respek” vir die kliënt. Wanneer ‘n mens ‘n ander mens wil tevrede stel, is die gevaar dat jy God kan verloën:

Party lede van Joodse Raad het tot geloof in Jesus gekom, maar was bang om Hom te bely “uit vrees vir die Fariseërs … want hulle het verkies om liewer deur mense geëer (aanvaar) te word as deur God (Joh 12:43).

Hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is (Matt 10:33)

MODEL 3: REG LUISTER EN PRAAT

Iemand wat God en sy naaste liefhet, luister goed en praat die waarheid.

Luister en praat is die instrumente wat God aan ons gee om te kan liefhê – deur omgee, belangstelling, uitreik, bemoediging, raadgee.

Die Bybelse berader verwag God se inspraak, bid vir geestelike ore om God en beradene mee te hoor, vertrou die Gees vir gawes soos onderskeiding, kennis, wysheid en bemoediging.

Om ‘n mond-van-God te kan wees, moet jy eers ‘n oor-vir-God hê. Om met ‘n profeet-mond te kan praat, moet jy eers met ‘n priester-hart luister.

Luister is harde werk. Die Bybelse berader het twee ore. Met sy een oor moet hy aktief en met konsentrasie luister na die beradene en met die ander oor moet hy na God luister - om hom/haar te verstaan: sy situasie, gedrag, hart en skat.

Die Bybel gee voorbeelde van reg luister en praat:

TEN SLOTTE
Die doel van die paar gedagtes was om jou te prikkel om na te dink oor jou luister-en-praat-strategie, en ook om te kyk na die struktuur (wortels) daarvan. Luister en praat is gereedskap om ons saam met die beradene beter te laat verstaan, sodat ons hom / haar ten beste kan bemoedig met die troos en vermaning van Jesus Christus.

BRONNE