Gebed & Berading - Ds. Theo Groeneveld (November 2006)
(Theo is predikant van Emmanuel Prebiterian Church. Tel 012 991 5633 / 082 551 0752; e-pos: theo@emmanuel.org.za)
Hierdie is ‘n getranskribeerde weergawe van die
toerusting wat Theo tydens die ABBO Lentekamp 8-10 September 2006 gelewer het.
DEEL 1: DEPRESSIE
INLEIDING
Ons gaan na twee tekse kyk, en dit is 1 Konings 19 en Psalm 42.
As ons berading doen, kry ons baie keer te doen met mense wat heeltemal uitgeput is, uitgebrand is en dat die lewe vir hulle baie moeilik geraak het omdat hulle emosionele en geestelike stoorkamers heeltemal leeg is. Daar is niks op die rak oor nie. Dis die mense wat aan ?burn-out“ ly. Dan kry ons die mense wat aan depressie ly, en baie van julle sal baie meer daaroor weet as wat ek daaroor weet. Maar ek het gedink om tog vanoggend 'n bietjie te kyk wat sê die Skrif oor depressie.
Vir die wat uitgebrand is, gaan ons 'n bietjie na ‘n gebeurtenis in Nehemia kyk en sien wat hy vir ons kan sê. So dit is ons roete vir die oggend. En ons kyk dan eerstens na 1 Konings 19 en dit is die Koning van Judea. Voor ons lees kom ons word net 'n oomblikkie stil:
As we come to Your Word this morning we know that your word is true and Your Word is light, your Word is our foundation, our surgical implement, our compass and our guide. And is our prayer oh God, that this we open your Word this morning you will speak to us.
Die gebeure wat ons hier in 1 Konings 19 kry, is vir ons onverwags, want Elia kom voor as 'n soort van 'n superprofeet. Hy konfronteer Agab en Isebel. 'n Erger paartjie kan 'n mens nie kry as daardie twee nie. Hy vat hulle aan, hy staan op teen hulle. Dan oorleef hy die jare van die droogte met sy bodemlose kruik, meel en olie, en die hele tyd kan hy oorleef. Die weduwee se seuntjie wat dood is, wek hy uit die dood op. Hy laat die reën ophou. Hy laat die reën weer begin, of altans deur die Here se krag doen hy dit. En dan het hy hierdie enorme "showdown" met die Baälprofete. Hierdie ou kan net niks verkeerd doen nie. Tot sover het alles reg verloop. Dit het alles goed gegaan. Hy is sterk, hy is reg, hy's op die regte tyd op die regte plek met die regte woorde, en daarom is dit vir baie ons onverwags dat hy hier in hoofstuk 19 so inmekaarstort.
Why did he collapse like this? Why did he suddenly fail like this? Why did his strength just suddenly disappear like this?
Ek dink dat Elia heeltemal uitgebrand is. Hy het te hard, te vinnig en te ver gehardloop. En selfs wenners kry seer! Die wat by Radiokansel werk ek is seker julle sal die liedjie gehoor het van Twilight Paris wat sê: "The warrior is a child"
en in die koortjie sing sy:
People say that I amaze them because I'am strong beyond my years,
but they don't know inside of me I'm hiding all my tears
They don't know that I come running home when I fall down.
They don't know who fix me up when no one is around.
I dropped my sword and cried for just a while.
For deep inside this armour the warrior is a child."
En dit is waar Elia op hierdie stadium is. Hy is 'n wenner, maar hy het seergekry. Rus is nodig. Sy geestelike en emosionele bronne is opgedroog, sy tenk is leeg. En hy het 'n tekort aan ware vriende. Ons sal sien dat hierdie draad deur hierdie hele verhaal loop.
En dit is iets wat ek al baie gesien het: Kollegas in die bediening wat inmekaar stort. En as ons mooi navorsing gaan doen, dan besef 'n mens hulle het nie vriende gehad nie.
Wat vir my treffend is, is die effek van hierdie uitbranding wat hy nou ervaar. En die eerste ding is dat as 'n ou burnout het, dan skrik 'n mens letterlik vir niks. Isebel se dreigement was nie 'n groot ding nie. As 'n mens kyk na die ou wat hulle toe gesalf het, Jehu. Toe Jehu by haar aankom, sê hy vir die mense: Gooi haar uit!" Sy was dus nie 'n groot probleem nie. Maar wanneer 'n mens aan uitbranding ly, skrik mens vir die kleinigheidjies, vir die klein dingetjies wat verkeerd gaan. Ewe skielik raak dit enorme dinge. Selfs die kleinste terugslag word 'n big issue en 'n mens kan nie vorentoe gaan nie. Jy verloor doelgerigtheid en rigting.
Daar sit Elia in die woestyn. Daar's nie 'n plan nie, daar's nie 'n toekoms nie. Hy het heeltemal sy kompasrigting verloor.
En die slegste van almal, hy onttrek homself uit die gemeenskap uit. Selfs sy slaaf, die een persoon wat na aan hom was, los hy eenkant en hy's heeltemal, heeltemal alleen.
En die van ons wat berading doen, moet weet dat as ons met mense praat wat uitgebrand is, is dit waar hulle is. Hulle het seergekry, hulle tenk is leeg, hulle is eenkant geskuif, hulle skuif hulself eenkant toe. Hulle probleme lyk groter as wat dit rêrig is, hulle visie, hulle rigting, dit alles is weg.
En op daardie stadium is Elia se gebed: I have had enough, Lord.. take my life; I am no better than my anchestors. En wat ons mooi moet verstaan, is dat dit al gebed is wat mense wat in hierdie posisie kan bid.
Ons gaan nou sien hoe baie mooi en how gently and kindly die Here met Elia werk, want stadig maar seker wys die Here vir Elia hoe om te bid. En Elia se gebed is nie net woorde nie, maar 'n hele stel aksies en 'n hele reeks dinge wat hy moet doen.
Ek het 'n e-pos gekry. 'n Goeie vriend wat nou in Brittanje is. Hy is pas getroud, hy het 'n nuwe werk. Hy het 'n Rolls Royce in Engeland gekry. Hy is 'n juppie. Hy is 'n go-getter. Hy is 'n leier vir die toekoms. Hy is talentvol, maar hy stuur vir my 'n e-pos en hy sê: I am struggling in my relationship with God. The church doesn't mean much to me and when I read my Bible I used to get something out of it. Now after a minute and a half my eyes are falling shut. I don't I know how to pray. I haven't done anything wrong, I haven't sin, I can't get through to God.
Hierdie week het daardie e-pos of my lessenaar beland. En ek moes vir hom Elia-raad gee want hy is uitgebrand!
Kom ons kyk 'n bietjie na die Vader se optrede. Die eerste een is dat hy Elia laat slaap. Dis nou amper 'n legende, maar 'n paar jare gelede het die Metodiste Kerk 'n hele klomp van hulle dominees in Gauteng-omgewing weggevat vir 'n wegbreekkamp. Hulle biskop was die leier van die kamp en toe hy hulle daardie oggend bymekaar gehad het, kyk hy hulle so en sê: You guys are too tired, go back to bed. En hy kanselleer toe die hele oggend se program en na middagete roep hy hulle weer bymekaar en hy kyk hulle so en sê: You guys are still too tired, go and rest. Die volgende oggend was dit toe dieselfde ding, en teen middagete kom hulle na hom toe en hulle sê: Listen this thing is costing us a lot of money, this is costing the church a lot of money and now we still doing nothing. En omdat hy die biskop is, moes hulle hom toe gehoorsaam en hy sê: I am in charge here, trust me.
En na die middagete op die tweede dag het hy toe en baie eenvoudig 'n bietjie Bybelstudie gedoen en 'n bietjie saam met hulle gebid en daardie aand het hulle vroeg gaan slaap. Die volgende oggend het hulle laat ontbyt gehad, maar teen die einde van die week moes daardie predikante almal sê dat dit een van die mees wonderlike ervarings was wat hulle nog ooit gehad het. Dat hulle nie besef hoe moeg hulle was nie. En slaap is een van die belangrikste dinge wat ons kan doen. Die Here laat Elia toe om te slaap.
How do we teach people to pray when they can barely keep their eyes open? The first thing we say is go and sleep. Rest in the protection of your Father. Ons seun Calin is nou ses jaar oud. Vandat hy gebore is, sleep ons hom orals rond. Hy gaan Bybelstudies toe. Hy gaan na eredienste en raadsvergaderings toe. Hy kom oral saam met ons. En dit is nog altyd so. En in die eerste week van sy lewe het hy vier keer op 'n ander plek aan die slaap geraak voordat hy weer huis toe gegaan het om vir sy aand te slaap. En so het dit aangegaan. Calin sal enige plek aan die slaap want hy weet in die oggend sal hy in sy eie bed wakker word, want sy pa sal vir hom sorg. En dis een van die dinge wat ons altyd moet onthou. Ons slaap, die wêreld draai, en ons Vader kyk na ons.
Die tweede ding is dat Elia kos gekry het. Eenvoudige voedsame kos. Ons kyk na die wat aan uitbranding ly, is hulle altyd besig met something on the go. Hulle gryp iets hier en gryp iets daar en eet 'n appel in die kar en drink 'n bietjie water hier en eet gou 'n ietsie hier. Ons het nodig om weer balans te kry. Behoorlik te eet, rustig te raak.
En dan die doelgerigte oefening van veertig dae se loop. Nou ek weet nie hoeveel van ons sal veertig dae kan loop nie. Maar wat vir my fantasties van hierdie oefening is, dis nie ingewikkeld nie. Dis nie tegniese oefening by 'n gym nie. Dis net een voet voor die ander. Ek het al soveel gesien dat ek vir mense sê: Okay, if you can't pray, just get up and go and water the garden every morning. If you can’t pray, just go and spend half an hour in the garden each morning. Pull up some weeds. Dis eenvoudig en meganies, iets wat net ritmies is. En elke elke keer vind ek dat die persone na my toe terug kom en sê: I learnt to pray again.
En nog ‘n belangrike ding is dat daardie veertig dae se loop 'n alleenwees was, maar die alleen was anders as onder die besembos. Die alleenwees onder die besembos was rigtingloos. Heeltemal, heeltemal koersloos en om so alleen te wees. Dit is nooit gesond nie. En om alleen te wees, kan baie konstruktief wees.
Vir die mense wat introverte is, ons weet hulle het daardie alleentyd nodig, bitter nodig. Maar selfs die ekstrovert het tyd nodig om alleen te wees. Because it is in that silence, when the silence is long enough with my own voice quieting down that I can begin to hear my Father.
Kyk na die letterlike herhaling van die gebede. Kyk na Elia se twee gebede. Die vraag kom twee keer. Wat maak jy hier Elia?... Wat maak jy hier Elia? Albei kere antwoord Elia met presies dieselfde woorde. Voor die wind en die aardbewing en die vuur en daarna is sy antwoord presies dieselfde.
En in Psalm 42 kan ons dieselfde ding sien. In die middel van die Psalm bring die digter sy gebed en reg aan die einde bring hy weer sy gebed. En dis presies dieselfde woorde. En selfs daarin is daar 'n les vir ons. Because sometimes we need to just pray the same prayer. Simply again and again and not let go. Maar daar is meer in hierdie herhaling as net dit. En die vraag wat ek nou vra, hoe sou die twee gebede klink as jy die gebede vooraf lees en na die tyd lees. Ek dink sy eerste gebed sou kwaad gewees het, vies, moedeloos, aggressief, bitter: Hoekom is ek hier? Ek het my hart en siel uitgewerk.
Hoe verskil daardie gebed met die een na die wind en die aardbewing en die vuur? Wat het ons dan? Verwagting... hoop.... acceptance.... gelatenheid ... aanvaarding ... gehoorsaamheid.... kalmte. He has let go. Tydens die eerste gebed het hy probleme, en hy is hartseer en hy is gefrustreerd. But he is holding it so tight. Daarna, dink ek, as ons hom kon hoor. He has let it go. A surrender. Ja.
Kom ons kyk net waar kom sy pyn vandaan, want ek dink dit is nogal belangrik vir ons om dit ook te verstaan. Ek het vier dinge daar gesien:
Dis 'n lekker mengelmoes van emosies. They are out to get me, so I am defensive. I'm feeling alone. I feeling like I wasted my time. Hoe kan ek bid as ek so voel? Nou kom die wind, die aardbewing en die vuur. ‘n Natuuropenbaring waar 'n mens God spesifiek in die krag van die natuur sien. Dink aan Psalm 29 oor die donderstorm:
The God of glory thunders across the waters.
The voice of the Lord breaks the ceders of Lebanon.
The voice of the Lord shakes the desert of Kades.
And all the creation shouts glory.
Psalm 29 is 'n theofanie: God openbaar homself in die natuur. Snaaks genoeg, hier in 1 Konings 19 is dit presies die teenoorgestelde. En as 'n mens 'n tegniese term wil gebruik, kan 'n mens sê: This is a anti-theophany. Want die natuur is magtig en oorweldigend. Maar God is nie daar nie. So dis omtrent die teenoorgestelde van Ps. 29. In die vuur was die Here nie en die punt is: Die boodskap is nie in die storm nie. Die omstandighede is nie die boodskap nie en baie keer laat ons omstandighede so hard praat en ons soek êrens in die omstandighede na die Here se boodskap, en is dit net nie daar nie. Because sometimes our circumstances don't make sense and sometimes our circumstances are not part and parcel of God's will. Hy laat dit toe maar dit is nie sy wil nie.
Hier is Elia in omstandighede wat hard skree en hard praat en hard druk en 'n mens wil dalk vra: Maar waar praat die Here nou met jou? En dalk moet 'n mens sê, nee, die storm is nie die boodskap nie. Daar is in die stilte 'n boodskap en veral die wat aan burn-out ly, wil harde stemme hoor. Hulle wil groot dinge sien. Hulle wil enorme dinge ervaar. Elia moes hierdie punt bereik waar die storm so hard woed en baie mense merk dit nie op nie. Hy het begin by die bek van die grot. Nadat die drie dinge - die storm, die wind en die aardbewing plaasgevind het - is hy weer agter in die grot. Hy moet weer uitkom. Die Here is nie in die storm nie. Die storm het hom egter bang gemaak en hom terug in sy grot ingestoot. Hy moes weer uitkom. En miskien is daardie wind en daardie aardbewing en daardie vuur simbolies wat binne-in hom aangaan.
En nadat die storm gewoed het, begin hy rêrig bid. En hy kom staan in stilte weer op daardie plek met die doek oor sy kop want hy besef nou: Nou's dit tyd. Na die grootheid van die storm kom die nabyheid van die fluistering. En dan hoor hy weer wie praat. What are you doing here Elia? Sy antwoord: I have been zealous for the Lord God almigthy. The Israelites have rejected your covenant, broken down your prophets to death wth the sword. I am the only one left, and now they are trying to kill me.
En op daardie punt los hy. "He let go." En dis op daardie punt dat die Here dan vir hom leiding gee. As dit vroeër gekom het en die Here het vir hom gesê: "Hoor hier, gaan salf nou die een en salf nou daardie een" dink ek sou Elia heeltemal rebels geraak het: Forget it. I am not going. I have done enough. Jesebel is going to get me. But having let go, nou is hy gereed vir antwoorde. En die antwoorde is ook belangrik.
Want die antwoord is: Jy is nie alleen nie. Daar is seweduisend mense saam met jou. En dan sou dit die slegte nuus wees. Daar is nog werk om te doen. Ek het 'n kollega wat in 'n baie lewendige en opwindende bediening is. Hy het omtrent 'n jaar en 'n half terug 'n baie erge episode van depressie gehad. En dit het hom heeltemal platgeslaan. En hy en ek het lank daaroor gesels en ek sê toe vir hom: This burn-out and this depression, how did you get through it? En hy sê: Theo, there were six weeks where all I did, is after lunch, every day, I put on my shoes and went walking and I prayed just one prayer. Lord please heal me, Lord please heal me." Hy het elke middag vir twee en 'n half ure net gestap met daardie een gebed. En ek dink die Here gee vir Elia die moontlikheid om eers daardie een gebed te bid terwyl hy loop. En ek dink dat teen die tyd dat hy gekom om daardie drie ouens te salf en om vir Elisa te roep, is daar 'n nuwe Elia, 'n nuwe begin.
En dit is die derde stap en dit is 'n praktiese stap – delegeer – sodat jy nie weer uitbrand nie.