Associate Counsellors

Click here for our list of counsellors with their contact information.

VAN / SURNAME Badenhorst
NOEMNAAM / FIRST NAME Lanie
ADRES / ADDRESS Elardus Park PRETORIA
SELNOMMER / CELL NUMBER 082 929 0222
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS & WEB

revivalfireministries@sainet.co.za

BESOEK MY WEBTUISTE VIR MEER INLIGTING www.strongman4jesus.givengain.org / www.greatergoodsa.co.za / www.myggsa.co.za

BEROEP / CAREER Fulltime ministry (Pastoral Counsellor - Focus on Trauma Intervention and Counselling
ABBO KURSUSSE VOLTOOI / ABCE COURSES COMPLETED 2007 - Course 1

2008 - Course 2

TAAL / LANGUAGE English & Afrikaans
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Trauma and Crisis Intervention & Counseling
Pastoral counseling
Hospital Ministry
School outreaches, community upliftment
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW

I have been in fulltime ministry since 2007 and involved in urban missionary work since 1999. God has blessed me with a wonderful husband, Johan, and we've been married for 7 years. We are the proud parents of a beautiful little girl (5 years old). I strongly believe the answer to every problem or situation we encounter in this world is found in God's Word, the Bible. I try to live my life everyday in a way that will draw people to me and to be an ambassador for Christ everywhere I go and in everything I do and say.

People are driven by the desires and motives of their hearts and we need to be honest with ourselves. I come from a background that testifies of the miracles God worked in my life. Much heartache, rejection, pain, addiction, abuse, trauma, depression, wrong decisions, wrong friends and mistakes took me down a road I pray others won't take by choice. We need to be lovers of God and not lovers of pleasures!

In Isaiah 61:3 the Bible speaks about giving to those who mourn a garland of beauty instead of ashes. We can let our ashes (heartache, disappointment, hurt, unforgiveness, anger etc.) be turned into something that is beautiful if we “give” it to God. He has used my past pain and hurt and turned it into my ministry – now I can assist others by being God's hands and feet in a hurting world and bring healing and restoration in other people's lives. Each of us has a calling to fulfill and live out daily!

God is bigger than any problem or circumstance that we will ever encounter in this world. We need to make a quality decision and accept His gift – Jesus Christ! Real change happens in one's heart and can only be brought about by the Holy Spirit. Whatever the problem or situation is – there is always hope and there's always a way out! When we come to realize who we really are in Christ there is nothing we cannot overcome or achieve through Him who strengthens us!

Revival Fire Outreach Ministries NPO 069-034 (previously the Strongman 4 Jesus Outreach Ministry)
The ministry was started in 2005 and the primary role is the kingdom, the power and the glory of God. Bringing a message of hope, mercy, grace and life in Jesus Christ through evangelism outreaches across South Africa. Giving hope and meaning to life through trauma intervention, care, support and counselling.

Volunteer work:
I also do volunteer work with the Emergency Services Chaplaincy where I am a candidate Chaplain. In the past I did volunteer work as Pastoral Counsellor at the Steve Biko Academic Hospital Orthopaedic Ward (long term patients) and the Trauma/Emergency ward.

Studies:
I am currently enrolled and studying towards a Bachelors Degree in Counselling.
I am aiming to also complete further advanced courses in Crisis Ministry and as Emergency Trauma Responder during the year.

Memberships:
Association for Biblical Counselling and Education – Member and Associate Counsellor,
South African Association for Pastoral Work – SAQA Accredited member,
International Institute of Traumathology and Crisis Intervention (awaiting membership registration)
Emergency Services Chaplaincy – Candidate Chaplain

 
VAN / SURNAME Bezuidenhout
NOEMNAAM / FIRST NAME Hannetjie
ADRES / ADDRESS WELVERDIEND
SELNOMMER / CELL NUMBER 084 520 1410
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS & WEB nicb@jdg.co.za
BEROEP / CAREER Dagmoeder
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2006 - Module 1, 2

2007 Module 4

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading
Kinderberading
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW My naam is Hannetjie Bezuidenhout en ek woon in Welverdiend.

Ek het Module 1 en 2 van die ABBO Beradingskursus, in samewerking met Radiokansel, in 2006 suksesvol afgelê. Module 4, Bybelse Berading in Praktyk, ook deur ABBO aangebied, het ek suksesvol afgelê in 2007. Ek woon tans nog toerustinggeleenthede by wat deur ABBO aangebied word. Ek woon ook van tyd tot tyd kursusse by in Pastorale Berading wat Prof. Wentzel Coetzer van die Noorwes Universiteit in Potchefstroom aanbied.

My beradingsuitgangspunt is gebaseer op my liefde vir Jesus en my medemens sowel as my liefde vir Sy Woord. Ek ondersteun die Bybels gefundeerde metodes soos bestudeer en toegepas in die ABBO kursusse. Ek bely my afhanklikheid van die Here en plaas my vertroue in Hom vir die positiewe resultate van elke beradingsessie. Ek vertrou die Here vir die genesing van elke stukkende hart en gemoed.

My fokusarea is kinders. In 2002 is ek ge-akkrediteer as Kinder EE III dosent, (Evangelisasie Opleiding), en het meer as een program vir kinders aangebied. Ek doen tans beradingsessies by ons lokale laerskool en hanteer voorskoolse en laerskoolkinders. Ek doen ook individuele berading met persone van alle ouderdomsgroepe. Die Here het die begeerte in my hart gelê om kinders te help, omdat ek besef hoeveel kinders alreeds seergekry het as gevolg van omstandighede buite hulle beheer.

Ek is werksaam by Babbel en Krabbel dagsorg in Welverdiend, waarvan ek en my dogter Stefanie mede-eienaars is. Ek woon in Welverdiend in die Noorwes provinsie. Welverdiend is geleë op die Potchefstroom / Randfontein roete. Ons naaste groot dorp is Carletonville, ongeveer 10 kilometer Oos van Welverdiend. Ons is ongeveer 35 kilometer vanaf Randfontein.

 
VAN / SURNAME Bezuidenhoud
NOEMNAAM / FIRST NAME Marietjie
ADRES / ADDRESS Randburg, Floridapark JOHANNESBURG
SELNOMMER / CELL NUMBER 084 501 1102
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS marietjie.bez3@gmail.com
BEROEP / CAREER Berader
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2005 – Kursus 1

2007 – Kursus 2, 3

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading
Huweliksberading
Jongmense
Gesinsberading - tieners & kinders
BERADINGSUITGANGSPUNT / COUNSELING POINT OF VIEW

Mense kom na berading met 'n versugting en 'n verlange na verandering; dikwels vasgevang in omstandighede wat te veel geword het, kwaad, ongelukkig en moedeloos, met stukkende verhoudinge.

My visie en doel is dat die persoon tydens berading sal ontdek die oplossing lê nie in gedragsverandering of omstandighede wat verbeter nie, die verandering vind in sy of haar hart plaas.

Die Bybel wys vir ons dat die menslike hart skelm en bedrieglik is en dat niemand die hart kan ken nie. (Jeremia 17:9) Net God weet wat in 'n persoon se hart aangaan. Sy Gees kan deur middel van Sy Woord tot die mens se diepste gedagtes en motiewe deurdring en die menslike hart verander en sy denke vernuwe. (Heb 4:12; Rom 12:2)

Paulus verklaar met lofprysing in die eerste hoofstuk van sy brief aan die Efesiërs, wie God is en wat Hy gedoen en beplan het: Vers 3: Vers 7: Vers 11: "Prys ons goeie God, die Vader van ons Here Jesus Christus voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy al die geestelike skatte wat daar in die hemel is, verniet aan ons gegee." "Deur wat Christus gedoen het, is ons verlos. Hy het Sy lewe vir ons gegee. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van Sy onverdiende goedheid in oorvloed aan ons gegee het." "Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie volk geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel. Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan het en wou gehad het."

In berading leer ons saam onsself in totale afhanklikheid voor God, die groot Berader ken en daarom vra ek saam met Paulus in sy gebed, Vers 17: " ... dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle(ons) geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle(ons) Hom persoonlik ken. Mag God julle(ons) harte so verlig dat julle (ons) sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou."

Tydens berading verstaan ons dat, Hoofstuk 2, vers 3: " ... ons gedrag bepaal is deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer gedoen. Soos die ander mense was ons vanself sprekend vir God se vreeslike straf bestem. Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefhet is so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, het Hy ons saam met Christus lewend gemaak."

Ons kan Christus met vreugde volg, tot Sy eer lewe en verseker weet: Vers 8 : " Dit is mos die onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is 'n gawe van God ... want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe."

Efesiërs 5:9 - Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here

 
VAN / SURNAME Botha
NOEMNAAM / FIRST NAME Ferdie
ADRES / ADDRESS Villieria, Pretoria
SELNOMMER / CELL NUMBER 082-453-5744
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS / WEBSITE

ferdie.botha@gmail.com

VISIT MY WEBSITE FOR MORE INFORMATION   http://xitement.webs.com/

BEROEP / CAREER IT bestuurder – Plaaslike owerheid
Assosiaat-berader, ABBO
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED

Module.1, 2 (2005)

Module 4 (2007) Berading in Praktyk

Module 5 (2008) Gevorderde Berading in Praktyk (in proses)

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Indiwiduele berading, Huweliksberading, Traumaberading
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW

My passie vir mense is versterk deur my eie ervaringe van verlies aan naastes deur motorongelukke, selfmoord, terminale siektes en verslawings.

God het my hierdeur gedra en toegerus om my medemens in soortgelyke situasies te bedien met kennis, insig en die Woord, gelei deur die Heilige Gees.

Ek pleeg berading deur persoonlike interaksie of ePos-kommunikasie en Jesus Christus bevestig dit liefdevol op Sý gekose tyd en wyse.

 
VAN / SURNAME Eloff
NOEMNAAM / FIRST NAME Johan
ADRES / ADDRESS Norkem Park, KEMPTON PARK
SELNOMMER / CELL NUMBER 082 777 9689
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS / WEBADRES johan@etza.co.za

VISIT MY WEBSITE FOR MORE INFORMATION  www.etza.co.za

BEROEP / CAREER Lewensafrigting / Life Coach
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2004 - Module 1, 2

2005 - Module 4

2007 - Module 5

2008 - Module 3 (Mentoring)

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading, Huweliksberading, Kinders en fokus in besonder op:
  • Depressie
  • Selfmoord
  • Trauma
  • Kaping
  • Verkragting
  • Bloedskande
  • Stres
  • Uitbranding
  • Egskeiding
  • Verslawing aan dwelms, drank, seks, pornografie, kos, oefeninge, speletjies, verhoudinge of godsdiens
  • Werkloosheid
  • Persone wat ly aan 'n ongeneeslike siekte
  • HIV Positief
  • Mense sonder hoop

E-posberading - webblad - www.etza.co.za

BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW
  • ETZA Lewens Afrigting - Lewe Uitsonderlik!

E nergieke verandering van jou lewe
T ransformeer jou drome in berreikbare doelwitte
Z oom in op jou passie vir die toekoms
A haaaa vir tevrede en vergenoegd wees!

  • Ons Visie en Missie:

Om jou te lei om besonders te lewe.
Om te groei na ware vervulling!

Vra jouself die volgende:

  • Is jy gespanne of angstig?
  • Het jy nog onvervulde drome?
  • Is jy werkloos?
  • Het jy jou rigting en fokus in die lewe verloor?
  • Wil jy jou verhoudinge met jou vriende en familie verbeter?
  • Het jy tyd om jou lewe te geniet?

By ETZA is ons toegewyd om jou te help om jou unieke ontwerp vir 'n uitsonderlike lewe te ontdek! Jou lewe te herdefinieer en selfvertroue te ontwikkel wat sukses in jou lewe sal trek.

 
VAN / SURNAME Grobbelaar
NOEMNAAM / FIRST NAME Trudie
ADRES / ADDRESS BETHLEHEM
SELNOMMER / CELL NUMBER 084 589 5965
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS bertru@cyberserv.co.za
BEROEP / CAREER Pastorale Berader
ABBO MODULES VOLTOO / ABCE MODULES COMPLETED 2004 - Module 1, 2

2005 - Module 4

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Stres, depressie, uitbranding en aanverwante probleme, huweliksprobleme, gesinsprobleme, terminale siekte, verlies, trauma
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW My uitgangspunt is dat alle swaarkry en lyding die gevolg is van die sondige en stresvolle bedeling waarvan ons deel is en dat enige persoon in nood gehelp kan word deur hom te lei om totaal op God, en Sy groot plan met ons lewens, te fokus. Dit doen ek met die Bybel as bron op grond van 2 Tim 3:16: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek.

Ek ontmoet die persoon waar hy is, as beeld van God, met liefde en empatie, sonder ’n eie agenda, maar onder leiding van die Heilige Gees. Dan poog ek om die begeerte by die beradene te wek om sy swaarkry volgens die wysheid van God soos ons dit te wete kom in en deur sy Woord, te beoordeel. Verder, om die sin van sy bestaan uit ’n Bybelse perspektief te begryp, ten einde hom te laat streef na die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan (Fil 4:6). Dit beteken dat hy uiteindelik en opnuut sy sekuriteit, waarde en die doel van sy bestaan in God se onpeilbare liefde en Christus se verlossingsdade moet verstaan.

SOLI DEO GLORIA
 
VAN / SURNAME Hendriksz
NOEMNAAM / FIRST NAME Mariëtte
ADRES / ADDRESS Ek woon in Carletonville, geleë halfpad tussen Johannesburg en Potchefstroom. Halfuur vanaf Randfontein en 40 minute vanaf Krugersdorp.
SELNOMMER / CELL NUMBER 083 252 9754
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS mhendriksz@telkomsa.net
BEROEP / CAREER Finansiële Direkteur
ABBO MODULES VOLTOO / ABCE MODULES COMPLETED Kursus 1
TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Tiener berading & begeleiding Individuele berading, persoonlik en per e-pos Huweliksberading
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW

Mense leef toenemend meer agter maskers en mure van selfbeskerming. Mense ervaar vandag dikwels: wanhoop i.p.v. hoop, verslawing i.p.v. vryheid, vrees i.p.v. liefde, 'n reis na nêrens i.p.v. 'n reis na êrens, 'n soeke na God i.p.v. 'n leef vanuit die feit dat God na ons gesoek het en ons gevind het. Geloof, hoop en liefde word vervang deur allerlei vrese, angste en wanhoop. 'n Dolle gejaag na wind. Dit is kompleet asof die mens nooit tot rus kan kom nie. Hy/sy is kliphard besig om "te probeer". Die Skeppergod wou nog altyd net die heel beste vir sy skepsele hê. Dit is vir Hom net nie goed genoeg dat 'n mens bloot sal lewe nie. Wanneer iemand sê dat hy/sy gelukkig lewe, is dit ook nie goed genoeg vir Hom nie. Dit is eers wanneer God se mense oorvloedig lewe, dat dit die Vader se goedkeuring wegdra. Hy het in die Seun na hierdie wêreld gekom sodat ons lewe en oorvloed kan hê (Johannes 10:10).

Ek kan niemand verander nie. My verantwoordelikheid is om te plant en nat te lei. Dit is God wat laat groei. Ek verteenwoordig God by persone in nood as God se ambassadeur en die instrument waardeur die Here Homself en Sy genade bedien. My primêre taak is om die waarheid te praat, en daardeur skep die Heilige Gees die ruimte waarbinne God self die verandering sal bewerk. Lewensvaardighede groei uit gesonde wortels.

Wie is God?, wie is ek vir God? en wie is eintlik God? Kyk ek na God deur my omstandighede? Kyk ek na my omstandighede deur God?

As instrument in God se Hand is dit my PASSIE om geloof, hoop & liefde in die plek van vrees, angs en wanhoop te bring deur die Bybelse Beradingsbenadering.

Only the designer can put back the pieces of the broken

 
VAN / SURNAME Kent
NOEMNAAM / FIRST NAME Lorna
ADRES / ADDRESS Noordheuwel, KRUGERSDORP
TELNOMMER / TEL NUMBER (011) 954-2880
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS lornak@lantic.net
BEROEP / CAREER Physiotherapist
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2006 - Module 1, 2

2007 - Module 4, 5

TAAL / LANGUAGE ENGLISH
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individual counseling, Marriage counseling, E-mail counseling, Telephone counseling.

I am particularly drawn to older people and people with physical disabilities. I personally have had a progressive degenerative retinal condition since age six.

I counsel people from my home in Noordheuwel, Krugersdorp face to face or telephonically or by e-mail.

BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW I believe the Bible is the Manual for Living given to us by God Himself. It contains guidelines for every situation, circumstance and problem a person may encounter. God instructs us to live according to His rules. A large percentage of problems are brought on ourselves because of disregard for the rules set for us. As a Biblical Counsellor, it is my passion to show people who are hurting or in trouble what God says about their situations and I want very much to help people to follow the right path.

I have completed four study modules through ABCE, two theory and two practical-one basic and one advanced. I am at the beginning of my counseling career. With over forty years experience as a physiotherapist, I am changing from relieving physical pain to relieving spiritual and emotional pain by acting as God’s instrument guiding people in pain to the right way to live and cope.
 
VAN / SURNAME Klaasing
NOEMNAAM / FIRST NAME Henriëtta
ADRES / ADDRESS GROBLERSDAL
SELNOMMER / CELL NUMBER 082 855 2412
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS cheeky@loskop.co.za
BEROEP / CAREER Inspekteur van skole
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2006 - Module 1, 2

2007 - Module 4

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading, telefoon en e-pos berading, huweliksberading, rou-smart, bediening aan mense wat geliefdes verloor het, mense met verslawings en hul gesinslede. Ek is baie jare al betrokke in die onderwys en het ‘n hart vir onderwysers, studente en kinders, ook van ander tale en kulture.
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Daar word getrag om ‘n holistiese hulpmetode te volg wat die denke, liggaam, hart en gedrag omvat, God verheerlik, sy Koninkryk bevorder en sy Waarheid in liefde spreek – ‘n Bybelse beradingsmodel wat my naaste in liefde dien, in gehoorsaamheid aan God tot Sy eer.
 
VAN / SURNAME Olivier
NOEMNAAM / FIRST NAME Annelie
ADRES / ADDRESS Noordheuwel, KRUGERSDORP
SELNOMMER / CELL NUMBER 072 756 6242
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS a2olivier@telkomsa.net
BEROEP / CAREER Maatskaplike werkster - Privaatpraktyk
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2006 - Module 1, 2

2007 - Module 4, 5

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading, Huweliksberading, Kinders, Traumaterapie
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Ek aanvaar God, die Enige, as my enigste Verlosser en Saligmaker. Hy is die Groot Geneesheer van alle emosionele pyn. Hy het my denke vernuwe soos daar staan in Rom 12:2 en deur Hom is ek tot alles instaat. God gee my waarde as Koningskind daardeur het ‘n nuwe identiteit in Hom verkry. Hy het my gered van myself deur dit wat Hy vir my gedoen het op Golgotha. Saam staan ons almal gelyk voor Christus in afhanklikheid vir leiding van die Heilige Gees.
 
VAN / SURNAME Oosthuizen
NOEMNAAM / FIRST NAME Jan Carel
ADRES / ADDRESS Johannesburg
SELNOMMER / CELL NUMBER Sel: 0824145012 Tel (W): 011-4624880
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS jan.carel@telkomsa.net
BEROEP / CAREER
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED

 

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW
 
VAN / SURNAME Roos
NOEMNAAM / FIRST NAME Rene
ADRES / ADDRESS Gordonsbaai, WESKAAP
SELNOMMER / CELL NUMBER Sel: 082 773 7692
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS rroos@vodamail.co.za
BEROEP / CAREER Berader en spelterapeutiese agent
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED

2003 – Kursus 1

2003 – Kursus 2

2004 – Kursus 4

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Ek het 'n passie vir veral kinders en adolessente wat emosioneel ongemak ervaar soos onder andere: onvoldoende akademiese vordering, moontlike depressie, eetsteurnisse, agressie, pasiwiteit, moedeloosheid, substansmisbruik, onttrekking, insomnia, self-mutulasie ens. Ek bied ook veral emosionele ondersteuning aan persone met Disleksie, AAS, Asperger Sindroom en ander leergeremdhede. SPELTERAPIE Doelgerigte Spel-kursus- Purposeful Play, BERADING – Individue en Gesinne, ONDERRIG IN EMOSIONELE INTELLIGENSIE Laerskoolkinders, ONDERRIG IN EMOSIONELE INTELLIGENSIE Hoërskoolkinders, OUERLEIDING, FASILITERING met behulp van perde (EAGL- Equine Assisted Growth and Learning)
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Ek maak deurgaans in alle werk wat ek doen gebruik van die Bybelse Beradingsmodel aangesien dit die mens se doel op aarde vervat. Ek verstaan dat Jesus gekom het om die Koningkryk te verkondig wat in ons moet kom sodat ons Sy beelddraers kan wees. Hierdie proses behels die deurentydse verstaan van ons dryfvere, die aflê van ons valse gode en die opneem van Sy juk (heerskappy) om weer Sy beeld (heerlikheid) en lig te kan weerkaats. Dan is ons waarlik vry en beleef lewe en dit in oorvloed. Wanneer ons insig in ons eie motiewe, denkpatrone en dade bekom, kan ons doelgerig ‘n verandering maak om by God se doel uit te kom.
 
VAN / SURNAME Roux
NOEMNAAM / FIRST NAME Kobus
ADRES / ADDRESS Praktyk: H/v Jacqueline & Edgarstraat, Garsfontein, Pretoria
SELNOMMER / CELL NUMBER Sel: 0833816722 Tel (W): 012-3150705
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS jjroux@xsinet.co.za
BEROEP / CAREER BERADER
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED

ABBO KURSUS 1– 2006

ABBO KURSUS 4 – 2007

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS / ENGELS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Trauma, Huweliksberading, Gesinsberading, Enkellopendes, Kapings/Geweld, Loopbaanvoorligting, Stres, Algemene berading
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Ek glo dat ons as beraders instrumente in God se hande is sodat Sy genesende krag alreeds hier op aarde ’n werklikheid kan word. Ek glo dat blywende verandering opgesluit lê in die waarheid wat in Rom 12:2 verkondig word “...laat God julle verander deur julle denke te vernuwe...“
 
VAN / SURNAME Steyn
NOEMNAAM / FIRST NAME Jos
ADRES / ADDRESS Centurion, PRETORIA
SELNOMMER / CELL NUMBER 082 975 0380
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS / WEBADRES

berading@kenners.co.za

VISIT MY WEBSITE FOR MORE INFORMATION 

www.kenners.co.za    

BEROEP / CAREER Rekenmeester, Berader
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 1998 - Module 1, 2

2005 - Module 4

2007 - Module 5

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading Huweliksberading, Familieberading -
Bedien gesinne in Pretoria Wes, NG Sesmylspruit Projek, met berading, geestelike ondersteuning en gesamentlike voorbidding.
E-posberading - webblad – www.kenners.co.za 
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Beradingsgevalle het oor my pad gekom en dit het my selfvertroue gegee om die fasiliteerder te wees om die Woord as oplossing aan te bied en die Heilige Gees te vertrou om die genesing te bring. Ek lees baie oor geestelike sake en veral beradingstemas. Ek maak ‘n studie van beradingsonderwerpe en wat die Woord daaroor sê.

Ek wil graag berading doen en mense help.

Dit is my passie om mense in nood te help.

Jesaja 58 is God se opdrag aan ons om mense van hul juk te verlos, om hulle nie aan die noodlot oor te laat nie. Daar is so baie gelowiges wat in hierdie juk vasgevang is, en dit is ons opdrag om hulle te help.
 

 
VAN / SURNAME Vorster
NOEMNAAM / FIRST NAME Ria
ADRES / ADDRESS Moreletapark, PRETORIA
SELNOMMER / CELL NUMBER 082 779 2406
E-POSADRES / E-MAIL ADDRESS vorstermm@gmail.com
BEROEP / CAREER Berader
ABBO MODULES VOLTOOI / ABCE MODULES COMPLETED 2006 - Module 1, 2

2007 - Module 4

TAAL / LANGUAGE AFRIKAANS
FOKUS VAN BEDIENING / FOCUS OF MINISTRY Individuele berading, met 'n besondere passie vir huweliksprobleme
BERADINGSUITGANGSPUNTE / COUNSELING POINT OF VIEW Ek kan slegs 'n instrument wees in die hande van die Hemelse Vader. Met die woord van God as uitgangspunt bid ek saam met die beradene vir die verligtende werk van die Heilige Gees, sodat hartsverandering kan plaasvind en dat die Koninkryk van God ook daardeur kan kom in ons lewens.